Tel: 016 423 1136   Faks: 086 508 6180   Epos: hoofrissie@mweb.co.za

Uit die hoof se kantoor

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Laerskool Risiville bied aan elke onderwyser n wonderlike geleentheid om deel te hê aan die opvoeding van jong seuns en dogters wat aan ons toevertrou is.  Ons wil vir elke leerder by ons skool n veilige, ontspanne dog stimulerende omgewing skep waar elkeen sy of haar talente maksimaal kan ontwikkel op akademiese, kulturele, sport asook geestelike terrein.

Elke kind wat in die skool is, begin sy of haar lewe met n storie.  Elkeen se storie is uniek.  Elke mens op aarde hou van n goeie storie, omdat jou storie sê wie of wat jy is.

Ons by Laerskool Risiville wil graag deel wees van elke kind se storie.  Sodoende kan ons sien in watter mate ons daarin geslaag het om nie net akademiese kinders te vorm nie, maar ook toekomstige, suksesvolle landsburgers wat n verskil kan maak in ons omgewing en in ons land.

Graag sê ons dankie aan ons ouers wat sulke oulike kinders in ons sorg plaas en ons vertrou met hulle verdere opvoeding.

Dankie aan ons Beheerliggaam wat omgee vir ons kinders met dit wat hulle doen, om ons hande sterk  te maak en die opvoedingstaak te vergemaklik.

Laerskool Risiville is n skool waar elke kind die geleentheid het om te ontwikkel tot die beste wat hy of sy kan wees.

Ons wil graag vir elke kind:

  • ‘n Kindervriendelike milieu skep
  • In totaliteit opvoed
  • ‘n Hoë premie op n stimulerende en relevante kurrikulum skep
  • Laat fokus op die uitbreiding van kennis en vaardighede asook die vestiging van waardes en houdings
  • Laat fokus op uitgebreide leierskapontwikkeling
  • En die geleentheid bied en aanmoediging vir massa deelname.

Ons grootste dank gaan altyd aan ons Hemelse Vader vir die ongelooflike voorreg om met die kroon van Sy skepping te kan werk.

God seën Laerskool Risiville tot in lengte van dae.

 

 

WOUTER ROTHMANN – Adjunk-hoof

Ek is sedert 2011 die Adjunk-hoof by laerskool Risiville.  Ek is lief vir sport en rig rugby en atletiek af. 

Onderwys is n roepingswerk en my passie is mense.  Ek glo dat n mens nooit moet ophou leer of groei nie.  Dis belangrik om te weet wie jy is en om jou Godgegewe doel op aarde so uit te leef.  Herstel en opbou is my motto in die lewe.

SUSAN VERMAAK Gr R – Beertjie

Ek is 14 jaar betrokke by Laerskool Risiville se Gr R beertjie klas. 

Ek is mini sport organiseerder vir 12 jaar. Geniet absoluut elke oomblik van mini sport. Het ook die voorreg om die padpatrollie voog te wees.  Ek is  ook een van die redakteurs van die  Risiput koerant.

 

Is nou 21 jaar getroud, het 2 kinders. Waldo 19 en Sharice 15.

 

RIA BOTHA Gr R – Katjie

Ek is die Katjieklas juffrou sedert 2001, asook gradehoof.  Gr. R is absoluut my passie.  Ek hou al vir 43 jaar skool.

Ek en my man Machiel, is al jaar getroud.  Ons het 2 seuns en 2 kleindogters

 

ANLOëTTE GROBLER Gr R – Hasie

Ek is n Gr R onderwyseres al vir 15 jaar.  Ek het vir Gr 1’s skool gegee asook Kuns en Kultuur vir Gr 4-7.

Ek sien myself as n plat op die aarde, nederige persoon wat altyd gewillig is om iemand te help.  My liefde vir mense en die vermoë om n verskil te maak is my rykdom.  My drie kinders is my hartklop.

 

LENAE ROETS – Gr 3R

Ek hou 23 jaar skool.  Ek is gradehoof vir die Gr 3’s. 

Ek is ‘n beertjie juffrou, sag en vol onvoorwaardelike liefde, intens en hardwerkend.  Dis my passie om kinders tot hulle volle potensiaal te ontwikkel.

 

MEREZA ROUX – Gr 1R

Ek is al 20 jaar by die skool, 10 jaar daarvan was gradehoof. Ek geniet die onderwys geweldig baie.  Ek leef my passie vir netball uit as afrigter en is vir 12 jaar die netbalorganiseerder.

Ek geniet uitdagings, het baie deursettingsvermoë en geduld.

Ek is die trotse ma van 2 pragtige kinders – Ewan en Chardonay.

 

ZONIKA VAN ZYL – Gr 1V

Ek hou al effe meer as 5 jaar skool by Risiville (Gr 1) rig netball en hokkie (seuns) af.

Ek beskou myself as n passievolle mens wat voluit lewe en vir niks terugstaan nie.  Ek is vriendelik & spontaan, kind van God en my drie dogters is alles in my lewe.

 

LINDI STEENKAMP – Gr 2M

Ek is tans in my 7e jaar van skool gee en is onlangs aangestel as deel van die Rissiespan by Gr 2.  Ek geniet kultuur en is ook betrokke by die afrif van mini-sport.

Ek is n trotse mamma van n 4-jarige dogtertjie en n vriendelike klein mannetjie van 11 maande.

 

ALTA MANS – Gr 3M

So amper 38 jaar in die onderwys, waarvan 34 jaar by Risiville is.  Onderwys sal altyd deel wees van my lewe.

Ek is n omgee mens wat baie hou van koffie, soetgoed soos koek of tert en shopping!

 

COLETTE OBERHOLZER - Gr 3O

Ek is tans by die Gr 3’s  en reeds die afgelope 10 jaar betrokke by laerskool Risiville.  Ek is bevoorreg om die afgelope 2 jaar n permamente pos te hê.

Ek is n gelukkige ma van 2 seuns en n dogter.  Ek lief elke oomblik van my werk – by die huis en  ook by die skool.

 

SALETHA CILLIERS – Gr 4C

Ek is al vir 33 jaar verbonde aan Risiville.  Ek gee tans Engels en PSW vir die gr 4’s.  Ek rig netbal en tennis af.

Ek is n vriendelike, hulpvaardige en lewenslustige mens wat my graag omring met mense.  Ek prober om elke kind te ontwikkel tot sy beste.   

 

SHANNON MELLORS – Gr 4D

Ek gee Wiskunde vir die Gr 4’s.  Ek het reeds op hoërskool die roeping van onderwys in my lewe aanvaar.  Ek geniet die uitdaging om te swot en te werk.

Buiten skoolhou werk ek ook as n Jong Volwasse Koördineerder waar God my gebruik in geleenthede en bedienings regoor ons land.

 

RENé PRETORIUS – Gr 4P

Ek is reeds 2 jaar betrokke by die skool waar ek Afrikaans gee vir Gr 4. Ek rig landloop en netbal af.

Ek het n passie vir dit wat ek doen.  Elke drukkie en glimlag maak daagliks my beroep die moeite werd vir my.

 

PHILIP GRIMSELL – Gr 5G

By die skool staan ek bekend as mnr Flippie of die kwaai meneer met die baard.  Ek is al 11 jaar deel van die skool waar ek Geskiedenis en PSW gee vir Gr 5 en 6.  Ek rig atletiek, rugby en krieket af waar ek my passie vir sport saam die kinders kan uitleef.  Tans is ek ook die Gr 5 gradehoof.

Om te sien hoe kinders ontwikkel, is die kersie op die koek. My vrou, dogtertjie en ma is alles in my lewe.  In die onderwys het ek geleer om te lewe vo lgens die motto:  “Doen altyd die regte ding, nie die gewilde dinge nie”

 

MELANI KOTZE – Gr 5K

Ek werk al 3 jaar by Risiville waar ek Afrikaans gee vir die Gr 5’s.  Ek rig mini netbal af en is die kunsorganiseerder.

Ek is getroud met die liefde van my lewe en baie opgewonde oor die koms van ons eersteling.

 

WESLEY WIEGAND – Gr 5W

Ek gee Wiskunde vir Gr 5.  Ek leef my liefde vir sport uit deur atletiek, rugby en krieket af te rig.  Dit maak my trots om die beste uit elke speller/atleet te kan ontwikkel.

Ek is n mense mens wat graag braai en kuier saam vriende. Die Channel of champions is my ander tydverdryf.

 

BEN MYBURGH – Gr 6M

Ek gee Geografie vir gr 5, 6 en 7.  Ek help uit by die rugby, krieket en atletiek.

Ek sien myself as n “lekker ou” wat dit geniet om grappe te maak en poetse te bak.  Ek is n groot sportliefhebber.

 

MELISSA BESTER – Gr 6K

Ek skop met trots my onderwysloopbaan af by L/s Rsiville as die kuns onnie Gr 5 – 7.  My passie vir Afrikaans kan ek ook uitleef, aangesien ek  Afrikaans gee vir een Gr 6 klas.   As ek nie op pad is na my klas nie, is ek gewoonlik op pad na die sportveld waar ek my ander passie kan uitleef.

 Ek strewe na geregtigheid en het n groot liefde vir diere en kinders.  Ek is n vriendelike mens wat altyd glimlag en ander probeer motiveer. 

Jak. 1:4 is my daaglikse aansporing:  “Julle moet egter enduit volhard.  Dan sal julle julle lewendsdoel bereik en geestelik gesond wees.  Julle sal niks kortkom nie”

 

ANTOINETTE MATTHEE – Gr 6M

Ek is al byna 12 jaar betrokke by die skool.  Ek gee Engels vir Gr 6, Lewensvaardighede & Lewensoriëntering vir Gr 4 – 7.

Ek is ons skool se atletiek spanbestuurder, skaakafrigter & organiseerder. Ek hanteer ook kultuuraktiwiteite soos revue, redenaars en sang, koördinering van noodhulp by sportbyeenkomste en is deel van die skoolgebaseerde ondersteuningspan.

Ek is n trotse ma van 2 pragtige kinders – Wilscha & Jacques.

 

ALIDA BELLINGAN – Gr 7B

Ek hou al 12 jaar skool en is tans in my 9e jaar by L/s Risiville.  Ek onderrig my gunsteling vak, Natuurwetenskappe vir Gr 4 en 5. Ek rig mini netbal asook hokkie af.

Ek is n gesinsmens wat daarvan hou om tyd saam my man, 3 jarige dogtertjie, my 3 hondekinders en familie deur te bring.  Ek is n diereliefhebber, iemand met n sagte hart wat hou van geselsies met my vriende en kollegas.

 

JOHAN STEENKAMP – Gr 7J

Ek is reeds 6 jaar by L/s Risiville. Meeste ken my as Hana, ek gee Tegnologie vir die Gr 7’s asook Fisiese Aktiwiteite vir Gr 4 -7.  Ek rig atletiek, rugby en krieket af.

In my vrye tyd jag en skiet en graag.  Ek braai graag en hou van sport kyk.

 

MICHELLE VAN VUREN – Gr 7V

Ek is sedert 2017 deel van die Rissie familie.  Ek gee Wiskunde en Geskiedenis vir Gr 7.  Ek is ook die Gr 7 gradehoof.

Ek glo in dissipline in die klasomgewing.  Ek rig netbal  en mini hokkie af.  Dis vir my n voorreg om met die kroon van God se skepping te werk.

 

LEONA GRIMSELL – Bestuurspan

Ek is al 38 jaar betrokke by laerskool Risiville, is n departementshoof en lid van ons bestuurspan. 

Ek is trotse ma van Philip, Leandi en Mienkey (my Yorkie) en ouma van klein Anria (1 jaar oud)  Ek lewe voluit as Christen, spandeer graag tyd saam vriende en familie.

 

YVETTE CHRISTIE - Bestuurspan

Vandat ek kan onthou, wou ek graag n onderwyseres word.  Ek is ongelooflik lief vir kinders en glo dat elke kind moet behandel word asof hulle jou eie is.    Ek werk al 17 jaar by die skool waar ek Afrikaans gee en my passie vir sport uitleef as hokkie en netbal afrigter.

Dit is op die sportveld waar ek veral my passie uitleef en ook ongelukkig my swakste eienskap date k glad nie kan verloor nie. Ek doen alles met oorgawe.

“The influence of a good teacher can never be erased”

 

FRANSIE SENEKAL – Bestuurspan

Ek het al 27 jaar ondervinding in die onderwys.  Tans gee ek NW en Teg vir Gr 6 en NW vir Gr 7.  Ek is ook Departementshoof van Wiskunde, PSW en NW, asook voorsitter van die skool se ondersteuningspan.

Dit was van kleinsaf my droom om n onderwyseres te word.  Dit is my roeping om kinders te onderrig en volgens Christelike beginsels op te voed, sodat hulle hulle volle potensiaal kan bereik.

My lewensuitkyk: “Te leef en te laat leef en die beste uit mense te bring wat my lewenspad kruis”

 

IVETTE DU PLESSIS – Bestuurspan

Ek is die Engelse vakhoof Gr 4-7 en onderrig Engels vir die Gr 7’s vanaf 1996.  Ek het 27 jaar onderwys ondervinding, is lid van die estuurspan en ook Disiplinêre hoof.  Ek is ook in  beheer van die 3 jaarlikse revue en entrepeneursopleiding.

My doel is om leerders te motiveer om te strewe na uitnemendheid en hulle op te voed volgens Christelike beginsels.

Ek het een dogter, Bianca, geniet die buitelewe en fotografie.

 

CHANTé CHRISTIE – Student

Ek is tans n 2e jaar B.Ed  student by UNISA.  Ek is die trotse 4e geslag van onderwyseresse in ons familie.  Ek leef my passie vir sport uit as afrifgter op die atletiek-, netbal en hokkievelde.

Deur sport en die regte opvoeding kan n mens die kinders bemagtig om hulle te help groei om hulle beste te kan wees.

“A teacher takes a hand, opens a mind and touches a heart”

JASON AYLWARD – Student

As oud-leerling was dit nog altyd my droom om by Laerskool Risiville te kan werk. Daarom hoop ek om n permanente aanstelling te kry as ek klaar studeer het.

Ek is ook betrokke by rugby afrigting.  Ons is bevoorreg om n uiters suksesvolle seisoen te kon hê.

Ek glo ook dat dissipline van uiterse belang is in n klaskamer.

 

STEPHAN DE VILLIERS – Sportbeampte

Ek is n nuwe lid van die Rissie span.  Ek behartig die bemarking en koördinering van sportaktiwiteite waar ek sport funksies, toernooie, fondsinsamelings en byeenkomste reël.  Ek skakel ook met sportorganisasies, ouers, afrigters en borge.

Ek is n passievolle, energieke en gedrewe individu met n besonderse liefde vir sport.  My lewensmotto:  “Hou die koppies klein en die smiles groot”

 

 NADIA STANTON – Admin

Ek werk in die kantoor, waar ek verantwoordelik is vir die opdatering van die registers en die vasvang van punte vir die rapporte.

Ek is n spontane mense mens, baie lief vir kinders.  Ek is n trotse ma van n dogter. Ek spandeer graag tyd aan tuinmaak en hou baie daarvan om te verf.

 

MADELENE TAYLOR – Admin

Ek werk vir 17 jaar in die tik-kantoor waar ek die tikwerk van die skool behartig.  Verder hanteer ek die admin van die afrolpapier, medikasie vir ons leerlinge en algemene instandhouding van die kopieërmasjiene.  Ek is ook die “siekekamer-tannie” wat die ouers skakel wanneer die leerlinge nie lekker voel nie.

Ek en my man George is trotse ouers van 2 kinders, Jessica en Heinrich, asook n kleinseun, Liewan, wat ons harte se  punt is. Ons ry graag fiets met n moontlike 10e Argus op my kerfstok die jaar.

Verder streef ek daarna om my Christenskap daagliks uit te leef in alles wat ek doen.

 

CARLA SHARP – Bibliotekaresse

Ek is reeds 6 jaar deel van die Rissiespan waar ek die media/biblioteek behartig, die webblad en skooldrag administreer en ook graag in staan vir onderwysers.  Ek help ook graag uit met die choreografie van ons opvoerings en het die naam gekry van die skool se fotograaf.

Ek is die trotse ma van n pragtige meisiekind (Chané, ook oud-leerling van Risiville) Ek is baie lief vir ons skool se kinders. Behalwe vir die kids, is mense, my gymklasse en bootcamp en veral fotografie groot passies in my lewe.

Kontak Ons
Image
T | (016) 423 1136  F | 086 508 6180  E | info@laerskoolrisiville.co.za  A | H/v Aidastr & Marielaan, Risiville, Vereeniging, Gauteng
divider
Follow us on Facebook     Volg ons op Twitter     Volg ons op Google Plus