Tel: 016 423 1136   Faks: 086 508 6180   Epos: hoofrissie@mweb.co.za

Sport
Die ontwikkeling van die kind se motoriese vaardighede op laerskoolvlak word wêreldwyd beskou as essensieël in die totale ontwikkeling van die kind. Die fondament vir alle leer is geleë in die bereiking van sekere motoriese mylpale en sou dit nie bereik word nie, kan dit die optimale ontwikkeling van die kind nadelig beïnvloed.

Sportontwikkeling moet daarom op wetenskaplike wyse geskied. Dit is bewys dat kinders wat te vroeg gedruk word om te presteer later van tyd beserings opdoen, omdat hulle liggame nie voldoende ontwikkel was vir die druk wat toegepas is en soort oefening wat gedoen is nie.

Buitemuurse aktiwiteite word gesien as ʼn verlengingstuk van die onderrigtaak omdat dit ook deel vorm van die opvoeding van ons leerders in totaliteit.
Ons poog om soveel as moontlik leerders te betrek by ons wye verskeidenheid sportsoorte wat aangebied word vir grootskaalse deelname en betrokkenheid, en glo dat “’n gesonde liggaam huisves ʼn gesonde gees”.

By Laerskool Risiville word daar dan ook duidelik onderskeid getref tussen sport beoefening in die junior- en senior fase. In die junior fase (Grondslagfase) word daar veral aandag gegee aan die ontwikkeling van vaardighede. Grondslag fase (Graad R-3) neem deel aan mini-sporte. Geleentheid vir massa-deelname word geskep.

Ons kinders word ‘n kans gegun om hulle talente en vaardighede te ontwikkel. ‘n Liefde vir die sport word gekweek, deurdat die reëls en die beginsels van die sport op genotvolle wyse aangeleer word.
Sportsoorte
ATLETIEK, NETBAL, RUGBY, HOKKIE, KRIEKET, TENNIS, LANDLOOP en SKAAK word aangebied. Hierdie sportsoorte is geaffilieer as Binne-skool sportsoorte, waar leerders se prestasie binne skoolverband erken word.
Ons leerders neem ook deel aan heelwat ander sportsoorte (buiteskoolverband) waarin ons uitstekend presteer. Hierdie sportsoorte sluit in: karate, judo, dans, swem, perdry, fietsry, boogskiet, sagtebal, muurbal, ens…

Laerskool Risiville beskik oor die volgendesport fasiliteite:

  • Puikgehalte ATLETIEKBAAN (400m), 2 verspringputte met tartan aanlope, 2 gewigstootsirkels.
  • 2x Standaard grootte RUGBYVELDE (1 met spreiligte)
  • 5x NETBALBANE (splinternuut oorgedoen)
  • 2x TENNISBANE
  • KRIEKETVELD met ‘n top gehalte kolfblad.
  • KRIEKETNETTE (2 sync krieketmat, nette asook ‘n addisionele turf kolfblad)
  • HOKKIEVELD (onder besproeiing, dus uitstekende grasgehalte)

Laerskool Risiville Deelname:

Rissies neem deel aan verskeie vriendskaplike, aandreekse en sportdae aan die begin van elke sport seisoen.

Ons neem deel aan die grootste/sterkste liga van elke sportkode in die Sedibeng areas. In hierdie liga’s presteer ons fantasties en word beskou as ‘n kragskool wat goed gebalanseerd is in elke sportsoort. Ons poog om die maksimum hoeveelheid spanne in te skryf vir deelname. Dit bied ‘n groter hoeveelheid kinders die geleentheid om in die sport waarvoor hulle lief is te presteer.

As deel van ons voorseisoen program word kampe en toere gereël waar afrigters saam met hulle spanne voorbereiding doen vir die komende liga’s.
Tydens hierdie kampe/toere word daar hard gewerk op die veld, maar ook hard gespeel van die veld af. Dit vorm ‘n hegte band onder die spanmaats en hul afrigter(s).

Risiville vorm ook deel van die SUPER 8 skole wat in elk van die sportkodes teen mekaar meeding. Hierdie is ‘n hoogtepunt op die sportkalender. Ook hier vaar Rissies besonders goed en bring jaarliks ‘n paar trofees huistoe.!!!


Laerskool Risiville Deelname:


  • SUPER 8 Atletiek – 2 Februarie 2019.
  • RisivilleSportdag (rugby en netbal) – 9 Maart 2019.
  • RissieRuggaAandreeks (0/9 spanne en mini-rugby) – 12-14 Maart 2019.
  • Mini-netbal en Mini-rugby Sportdag– 11 Mei 2019.
  • Skaaktoernooi (Sedibeng Skole).
  • Mini-hokkieSportdag - TBC.
  • TOPFIX SPL T20 Krieketreeks – 12 Oktober – 2 November 2019.

Die sport kalender, oefentye en afrigting strukture vir 2019 word gefinaliseer.

Kontak Ons
Image
T | (016) 423 1136  F | 086 508 6180  E | info@laerskoolrisiville.co.za  A | H/v Aidastr & Marielaan, Risiville, Vereeniging, Gauteng
divider
Follow us on Facebook     Volg ons op Twitter     Volg ons op Google Plus